My naam is Janina Viviers en ek is die ma van twee pragtige dogtertjies. Op die webtuiste be-oog ek om hulpmiddels, raad en sommer net stories oor ons daaglikse lewe te deel. Die reis saam met kinders is een groot avontuur vol manjefieke bergpieke en asemrowende waterfalle, maar ons bereik baie keer nie hierdie wonderskoon plekke sonder ‘n paar pap wiele en stukkende knieĆ« nie. Daarom hoop ek om saam met ander mammas die avontuur te deel. Mekaar te help en te ondersteun. My hoop is dat elkeen wat die webtuiste besoek ietsie sal vind om hulle te help of om iets te kan deel wat my en ander kan help.